Inhoudsopgawe
1 VOORWOORD
Ek lê vanoggend weer en dink aan die hoekoms van my lewe. Ek verstaan so min daarvan en probeer nietemin steeds om die mense in my lewe te help om sin daarvan te maak... Sin te maak van onverklaarbare seerkry te midde van ‘n voorbeeldige lewenswandel. Mense wat regtig die Here se wil soek in ‘n spesifieke saak, wat bid en vra wat hulle moet doen voor hulle met vrede die stap neem; net om alle hel rondom hulle te sien losbrand. Ek ken verskeie mense wat eenvoudig as gevolg van teleurstelling in die God waarin hulle geglo het, of die kerk en sy mense, of een of ander tragiese gebeurtenis of fout, nie voluit lewe nie. Mense wat elke dag deur hulle roetines werk, sonder enige opwinding of blydskap. Mense wat as gevolg van seerkry verbitterd is.
Ons almal het ‘n storie. Ons almal leef die lewe, beleef dinge wat werk, dinge wat verkeerd loop, liefde, haat, goed, sleg en seer. Ons almal wonder oor die groter prentjie; oor God, die skepping en die rede hoekom ons hier is....en niemand van ons droom van die dag wat jou lewensmaat jou verneuk, of jou geliefde kind tragies voor jou sterwe nie. In hierdie boek vertel ek my storie met groot liefde en eerlikheid. Ek deel dit omdat ek glo dat ek iemand daardeur kan help. Ek deel dit omdat dit my gehelp het en vandag nog help om dit met mense te deel. Uit my ervaring het ek gesien dat daar uit die seerste seer ook goed kan kom...
Maak nie saak hoe seer en swaar die begin van die storie is nie; dis ‘n storie van hoop, met ‘n wonderwerk-einde. Byt vas, druk deur! Jy sal nie spyt wees nie.
‘n Groot dankie aan elkeen wat so ver deel was van my lewe– my familie en vriende. Dankie aan my Krabbel (Adéle) my ongelooflike vrou, my lewensredder, my beste maat en my ongelooflike kinders. Julle is voorwaar my rykdom!
2 DIE BEGIN VAN DIE EINDE
IN DIE DONKER NAG
3 DESEMBER 1986 - 1997
DIE EERSTEKEER
VRIENDE VERWAGTINGE (NAÏWE) DROME
4 KAAPSTAD HIER KOM ONS - JUNIE 1998
WITTEBROOD VAN VERANDERING
DIS GEEN PIEKNIEK NIE
5 EK WAS NOG NOOIT GELUKKIG NIE
EK HET JOU VERNEUK
SY WAS DAN DIE REGTE EEN
6 DIE EERSTE OPSTAAN
KOÖPORASIESTORIES
AANBIDDING
ENGELE EN ADRENALIEN
DRIE STUKKENDE MENSE
OUBOET EN KLEINBOET
DIE WOND GENEES
7 5 APRIL 2003 - MY HELE WÊRELD STORT IN DUIE
SKOP DIE VERVLAKSE RUGBYBAL
‘N “PA-SEUN-DAG”
UIT WALDI SE “PEN”
CRYSTAL FALLS
HERE ASB LAAT DIE HELIKOPTER VAL!!
SONVANGER
DIE STEM IN DIE BAD
DIE LAASTE TOTSIENS
TERUG NA DIE WATERVAL
8 DIE GEHEIM VAN GELUKKIG WEES
DAAR IS MEER VRAE AS ANTWOORDE
DIE MENSLIKE YSBERG
VIND EERS SY HART
DIT HET GEBEUR – VRA DIE REGTE VRAAG
DIE VALSKERMBEGINSEL
DIE KRAG VAN WOORDE
9 DIE BEGIN VAN ‘N NUWE HOOFSTUK
SOET NAARTJIES
DO NOT TRY THIS AT HOME!
OM WEER TE MAG TROU OF NIE
WYDSBEEN OOR MY HART
ONS GROOT DAG
DIE EERSTE JAAR
EK IS ‘N PROSTITUUT
EN DAARDIE KOLLETJIE?
TWEE VIR DIE PRYS VAN EEN
ONS STAP NIE DIE VISRIVIER NIE
DIS TOE NIE ‘N SPROKIESVERHAAL NIE
10 ONS DROOM WORD WAAR
DIE “LIFE COACH” SONDER ‘N KWALIFIKASIE
“ONS” HUISIE BY DIE SEE
NUWE GEESGENOTE
11 SLOT GEDAGTES. 109
Laaste samevattende gedagtes