Home  |  About  |  Books  |   Solutions  |  Retainer 
Gallery  |  Booking  |   Events  |  Blog  |  Contact


Lig Deur Die Krake


Bekendstellings Video  |  Voorlegging  |  Inhoudsopgawe  |  Boek-uittreksel  |  Terugvoer


 

’n Voorlegging: Lig deur die Krake (Nie-Fiksie)

’n Sinopsis van die boek:

Dis deur die krake van ons stukkende lewens wat ons lig weer kan skyn - wanneer ‘n lewe uitmekaar val, en oorgebou moet word, kan ons sterker en wyser word vir die lewe wat nog wag om gelewe te word. – ‘n Ware Verhaal –

Vir baie jare weet ek al dat ons verhaal vertel moet word. ‘n Gewone storie met verskeie wonderwerke. ‘n Verhaal wat handel oor die seer realiteite van die lewe. Realiteite wat almal - ryk of arm, jonk of oud, oor kulture en geloofsoortuiginge heen deel, ongeag. Soos ons Hemelse Pa is die lewe ook nie ‘n “aannemer van die persoon” nie. Geen mens word gevrywaar van die gebrokenheid van menswees nie. Soos God, is die lewe ook geen aannemer van die person nie. Almal is ewe waardevol, en ewe mens. Niemand is vrygestel van die gebrokenheid van menswees nie. En soos dinge gebeur het is ons almal geforseer om dit wat ons gedink het ons weet te ondersoek. Ek het besef ek verstaan maar min van die groter prentjie, en is opnuut herrinner aan die dinge wat regtig saakmaak – gestroop van soveel pretensies... As ons aandag gee, en dapper genoeg is om ons foute te erken – sal ons sterker aan die anderkant uitkom. Ek is so dankbaar om te kan sê:” Ek het.”Na ‘n seer egskeiding, moes ek leer om te vergewe, en om afstand pa te wees vir my drie kinders onder moeilike omstandighede. Drie jaar later, sterf my elfjarige seun tragies, toe hy voor my oë van ‘n krans afval. Ek het die gevaar gestaan om myself, en my lewenslange verhoudinge met die mense in my lewe, asook God, vir goed te verloor.

Die konteks van my reis in geheel is die basis vir die manier wat ek dinge hanteer het – beide dit wat ek reggedoen, en dit wat ek verkeerd gedoen het, my lewensuitkyk, en hoe dit bygedra het tot sekere foute wat ek in my lewe en eerste huwelik gemaak het. Ek moes notisie neem van my oortuiginge, en erken hoe min ek van die groter prentjie verstaan – veral toe Waldo sterf. Ek het besef watter groot rol die huise, en omstandighede waarin ons grootgeword het speel in ons besluite elke dag. Ek is gekonfronteer oor my siening van God en my lewensbeskouing”. Ek het geleer van die gevare van veronderstellings, en die belangrikheid van gesonde verhoudinge. Ek het geleer om meer bewustelik te lewe en te fokus op die dinge wat regtig saakmaak. Ek is gestroop van soveel pretensies...

Ons verhaal is ook een van genesing, van opstaan, van tweede kanse. Van geloof, van teleurstelling, van oorwinning, en van mislukking. Toe ek ‘n tweede kans kry, was dit verrassend ongewoon – alles daarvan. Toe ek en my vrou saam die risiko van weer seerkry geneem het, het ons gou besef daar bestaan nie so-iets soos sprokiesverhale nie. Die lewe is moeilik – vir almal, maar om regtig gelukkig te wees is ook moontlik – vir almal. Toe die Mediese wetenskap beweer het dat ons nie kinders kon hê nie, het ons geleer van bid en vertrou en geduldig wees. Toe die wonderwerk met ons gebeur het, was dit ‘n tweeling (seuntjie en ‘n dogtertjie), en 5 jaar later nog ‘n seuntjie. Elke tree van ons paadjie vorentoe was, en is vandag steeds, wonderlik en ingewikkeld.

 

Mini-biografie van die skrywer

Stefan is die mede-stigter en direkteur van Tru-Heart Coaching.
Hy is 'n leierskap-, en lewensvaardigheids-afrigter, 'n gesogte spreker, Meester fasiliteerder, en skrywer van die self-studie pakket "Become the Person YOU want to Be". Hy is 'n oud-onderwyser. en het 'n B Prim Ed-graad aan die Universiteit van Noordwes. Na 'n paar jaar se onderrig het hy by 'n groot versekeraar gewerk vir meer as twaalf jaar.

Ontwikkeling van mense is wat hy nog sy hele werkende lewe doen. Na ‘n seer egskeiding en die tragiese dood van sy enigste seun, het hy as lewensvaardigheid, en leierskap afrigter (Life&Leadership Coach) begin werk. In 2004 het hy sy eie Life- and Leadership Development-onderneming begin. Hy is tans een van twee direkteure van Tru-Heart Coaching (www.tru-heart.co.za).
Hy is ‘n student van die lewe, coach, mentor, meester fasiliteerder, leierskapskenner, motiveringsspreker, gade, pa, seun, broer, vriend en vertroueling.

 

Lys van Onderskrywers/Terugvoer van Lesers:

1. Lig Deur die Krake is 'n lewensverhaal van 'n man wat 7 keer geval het en 8 keer gekies het om op te staan. Stefan is 'n inspirasie, 'n man met die moed van 'n leeu en met 'n karakter wat gevorm is deur die storms van die lewe. Hy het 'n aansteeklike passie en omgee vir mense. Die oogverblindende lig wat deur die krake in sy lewe straal praat van 'n verhaal waarop jy nie wil uitmis nie.
Heidi Boon,
Sosiale Media Konsultant
+27 82 889 8330
2. Lig deur die Krake is 'n boek wat handel oor die hartseer en vreugde pad wat 'n gewone man - niks anders as ek of jy nie – geloop het. Dit is 'n boek wat ander wat dieselfde pad loop sal inspireer en motiveer.
Elsa van Onselen
Afgetrede onderwyseres
MA Afr/Nederlands
+27724300695
3. Lig deur die krake is n gerusstellende bewys dat God absoluut geen uitsondering maak op die stelling dat Hy alles ten goede laat meewerk vir sy kinders nie. Dit het vir my soveel rustigheid gebring in die donker waarin ek my bevind het, en is 'n moet-lees vir ieder en elk. Stefan se beskrywing van die gebeurtenisse wat uiteindelik lei na 'n sprokieseinde, is in storievorm so goed saamgevat dat dat dit vir my baie maklik was om die besondere boodskap daarvan uit te dra en op my eie lewe toe te pas. Dankie Stefan! Nico Mouton. Natuurkundige. +27728356489

Omvang:

+/- 50 000 woorde
230 bladsye
11 Hoofstukke

Book orders:

To purchase the e-book, (om die e-boek te koop): Rakuten Kobo - https://www.kobo.com/za/en/ebook/lig-deur-die-krake

For the printed copy (vir die gedrukte weergawe): WhatsApp Stefan: +27 83 298 6929

 

Lig deur die Krake is available at the following Exclusive Books Stores:

Pretoria:

  1. Centurion Mall, Adrian Gildenhuys (Manager), Tel: (012) 663 3207.
  2. Kolonnade Shopping centre, Tertia Koegelenberg (Manager), Tel: (012) 548 6590.
  3. Menlyn Park, Werner Mouton (Manager), Tel: (012) 361 6188.

Nelspruit:

  1. I'Langa Mall, Sheldon Lehmann (Manager), Tel: 013 742 2065.

Cape Town:

  1. Table Bay Mall, Gabbi Fleming (Manager), Tel: (021) 007 3687.
  2. Somerset Mall, Heinie Pretorius (Manager), Tel: (021) 851 0248.
  3. Tygervalley Centre, Lynne Greenwood (Manager) , Tel: (021) 914 9910.

Bloemfontein:

  1. Loch Logan, Alma Struwig (Manager), Tel: (051) 406 7560.

 

The following Bargain Books Branches have Lig deur die Krake available:

Forrest Hill, Greenstone, Heildelberg, Irene, Kalahari, Mall of the South, Northridge, Preller, Secunda, Springs, The Grove, Vaal, Welkom, Woodlands, Brits, Cradlestone, Ferndale, Fourways, Hartbeespoort, Highveld, Klerksdorp, Krugersdorp, Kyalami Corner, Lephalale, Mall of Africa, Mall of the North, Middleburg, Mooi Rivier, Nelspruit, Platimum Square, Rustenburg